// dienste / pasgemaakte stelsels

Pasgemaakte besigheidstelsels

Een stelsel vir al jou data, gebou om hoe jou besigheid werk — in plaas van 'n generiese program waarby jy moet aanpas.

// klink dit bekend?

Wanneer het jy 'n eie stelsel nodig?

  • Jou data lê in tientalle Excel-lêers, en niemand is seker watter een die regte is nie.
  • Dieselfde inligting word meer as een keer ingesleutel — en elke keer kan daar 'n fout insluip.
  • Jy weet eers aan die einde van die maand hoe dit regtig gaan.
  • Jou program doen 80% van die werk, en die res gebeur op papier.
  • Die besigheid hang af van een persoon se spreadsheet.

// die oplossing

Een plek vir jou data

Ons bou 'n stelsel rondom hoe jy werk: die skerms wat jou mense elke dag gebruik, die reëls van jou besigheid, en die verslae wat jy nodig het om besluite te neem.

Data word een keer ingesleutel en is dan oral reg. Die stelsel kan waarsku wanneer iets aandag nodig het, en verslae is altyd op datum — nie net aan die einde van die maand nie.

// voorbeelde

Wat ons bou

{▦}

Voorraad en bestellings

Wat is in voorraad, wat is bestel en wat moet herbestel word — per stoor, terrein of voertuig.

{☺}

Kliënte en navrae

Alle kontak met 'n kliënt op een plek: navrae, kwotasies, bestellings en opvolgings.

{R}

Fakture en rekeninge

Fakture, state en betalings, met uitvoer na jou rekenmeester se boekhoupakket.

{✓}

Personeel en take

Wie doen wat, wanneer — met roosters, kwalifikasies en herinneringe.

{≡}

Verslae en dashboards

Die syfers wat jy regtig nodig het, op een skerm en altyd op datum.

{⇄}

Koppeling met bestaande stelsels

Jou nuwe stelsel praat met wat jy reeds het, sodat niks dubbel ingesleutel word nie.

Oor MSSQL-koppeling →

// werkwyse

Van probleem tot werkende stelsel

Gesprek

Ons luister na hoe jou besigheid werk en waar dit knyp. Die eerste gesprek is gratis.

Ontleding en kwotasie

Ons skryf presies neer wat die stelsel moet doen en gee 'n vaste prys per fase.

Bou en toets

Jy sien gereeld vordering en toets saam, sodat die eindproduk werk soos jy dit nodig het.

Oorhandiging

Opleiding, dokumentasie en ondersteuning nadat die stelsel in gebruik geneem is. Oor opleiding.

// vrae

Algemene vrae

Hoekom nie net 'n bestaande program koop nie?

As 'n bestaande program by jou pas, is dit dikwels die beste keuse — en ons sal jou dit eerlik sê. 'n Pasgemaakte stelsel is die moeite werd wanneer jou werkswyse jou voordeel is, of wanneer jy al jare om 'n program se beperkings werk met Excel en papier.

Wie besit die stelsel en die data?

Jy. Jy besit jou data en die stelsel, en alles word gedokumenteer, sodat jy nooit aan ons vasgevang is nie.

Kan die stelsel later uitgebrei word?

Ja. Ons bou in fases en ontwerp die databasis sodat nuwe funksies later bygevoeg kan word sonder om oor te begin.

Werk dit op die foon?

As dit as 'n webtoepassing gebou word, werk dit op enige toestel met 'n blaaier — rekenaar, tablet of foon.

// kontak

Kom ons gesels oor jou stelsel

Vertel ons kortliks wat jy nodig het. Die eerste gesprek is gratis, en ons antwoord gewoonlik binne een werksdag.

info@wesys.co.za · 067 401 6490