// dienste / web en ki
Webtoepassings, outomatisering en KI
Stelsels wat in die blaaier loop — op kantoor, by die huis of op die foon — en slim genoeg is om die herhalende werk self te doen.
// wat ons bou
Van webtoepassing tot slim assistent
Webtoepassings
Volledige besigheidstelsels in die blaaier — niks om te installeer nie, en altyd die nuutste weergawe.
Intydse stelsels
Stelsels waar almal dieselfde oomblik dieselfde sien — soos ons veilingstelsel met regstreekse bod.
Lees meer →Dokumente en strokies inlees
KI lees strokies, fakture en vorms en sit die data reg in die stelsel — sonder tikwerk.
Verslae en waarskuwings
Verslae wat hulself opstel, en 'n e-pos of SMS wanneer iets aandag nodig het.
KI op jou eie data
Vra die stelsel 'n vraag in gewone taal en kry 'n antwoord uit jou eie data.
Koppelings
SMS, e-pos, betalings en ander stelsels gekoppel, sodat die werk outomaties vloei.
// hoe ons ki gebruik
KI waar dit regtig help
Ons gebruik KI elke dag om stelsels vinniger en beter te ontwerp, te skryf en te toets. Dit beteken jy kry meer stelsel vir jou geld.
In jou stelsel self bou ons KI net in waar dit regtig tyd spaar — strokies inlees, data sorteer, verslae opsom — nie as 'n gimmick nie.
// leer dit self
Wil jy leer om so te bou?
Ons leer mense — veral jong mense — om stelsels met KI te ontwerp en te bou, hands-on aan regte projekte.
// vrae
Algemene vrae
Moet ons iets installeer?
Nee. 'n Webtoepassing werk in enige moderne blaaier, op rekenaar, tablet of foon.
Is ons data veilig as julle KI gebruik?
Ja. Jou data bly joune. Ons kies KI-dienste wat jou data nie vir opleiding gebruik nie, en waar dit sensitief is, verwerk ons dit sonder om dit te deel.
Kan die stelsel met ons bestaande programme praat?
Gewoonlik ja — deur 'n gedeelde databasis soos SQL Server, of deur die ander program se koppelvlak (API).
Wat beteken 'intyds'?
Dat almal dieselfde inligting op dieselfde oomblik sien. In ons veilingstelsel sien die afslaer, kopers en verkopers elke bod die oomblik wat dit gemaak word.
// kontak
Kom ons gesels oor jou stelsel
Vertel ons kortliks wat jy nodig het. Die eerste gesprek is gratis, en ons antwoord gewoonlik binne een werksdag.