// dienste / opleiding
Opleiding vir jou mense
'n Stelsel is net so goed soos die mense wat dit gebruik. Ons leer jou personeel hoe dit werk — en as iemand wil leer hoe dit gebou is, leer ons hulle dit ook.
// vlakke
Opleiding op elke vlak
Gebruikers
Die mense wat elke dag op die stelsel werk: die skerms, die werkvloei en wat om te doen as iets nie lyk soos dit moet nie.
Administrateurs
Instellings, gebruikers en regte, verslae en die maandelikse roetine.
Ontwikkelaars
Vir iemand wat wil leer hoe die stelsel gebou is: die databasis, die kode, en hoe om dit met KI uit te brei.
Dokumentasie
Handleidings en tegniese beskrywings wat by jou bly, ook ná die opleiding.
// ons benadering
Ons hou nie die sleutels vir onsself nie
In die IT-bedryf hou baie mense hul kennis vir hulself, sodat die kliënt van hulle afhanklik bly. Ons werk andersom. As jou besigheid vir 'n stelsel betaal en iemand by julle wil leer hoe dit werk — tot by hoe dit gebou is — leer ons hulle dit graag.
Hoe meer jou mense verstaan, hoe beter gebruik hulle die stelsel, en hoe beter word die stelsel.
Gooi jou brood op die water — en jy kry Dagwoods terug.
// ons motto · werk saam
// vrae
Algemene vrae
Is opleiding ingesluit?
Gebruikersopleiding is deel van elke oorhandiging. Dieper opleiding, soos vir iemand wat die stelsel self wil onderhou, word saam met jou beplan.
Kan ons die stelsel later self onderhou?
Ja, as jy dit wil hê. Ons dokumenteer alles en leer iemand by jou hoe die databasis en kode werk, sodat julle nie van ons afhanklik is nie.
Is die opleiding aanlyn of by ons?
Albei. Ons kan langs julle sit, of oor die skerm werk — wat die beste vir jou mense pas.
In watter taal word opgelei?
In Afrikaans of Engels, na gelang van wat jou mense verkies.
// kontak
Kom ons gesels oor jou stelsel
Vertel ons kortliks wat jy nodig het. Die eerste gesprek is gratis, en ons antwoord gewoonlik binne een werksdag.